Quantcast
Channel: Pangeregte – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 48

Varktjops en aartappel in ’n pan

$
0
0

Moenie elke pot in jou kombuis gebruik nie; slegs ’n oondpan is nodig vir dié smullekker gereg.

Genoeg vir: 4-6
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 30 min.

45 ml (3 e) olyfolie
6 varktjops
700 g baba-aartappels
15 ml (1 e) braaispesery
10 ml (2 t) gerookte paprika
15 ml (1 e) droë origanum
sout en swartpeper
’n hand vol vars pietersielie, gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondpan.
1. Plaas die varktjops en aartappels in die pan, bedruip met olyfolie en meng goed. Meng die speserye en kruie in ’n klein bakkie en vryf oor die varktjops en aartappels.
2. Plaas die pan in die oond en bak 30 min. of tot die tjops deurgaar en die aartappels sag is.

Resepte: Carmen Petersen
Stilering: Hope Malau
Foto’s: Megan Miller


Viewing all articles
Browse latest Browse all 48


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>