Quantcast
Channel: Pangeregte – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 48

Vark en geroosterde groente

$
0
0

Dis ’n wonderlike eenpan-aandete.

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 1 uur 40 min.

4 varkskenkels
125 ml (½ k) hoenderaftreksel
30 ml (2 e) olyfolie
1 botterskorsie, in wiggies gesny
2 rooi-uie, in wiggies gesny
2 knoffelknolle, gehalveer
1 rooi soetrissie, in repe gesny
4 selderystingels
6 murgpampoentjies
6 mielies
2 baba-eiervrugte, gehalveer
150 g kersietamaties
1 bossie tiemie
sout en swartpeper
SOUS
60 ml (¼ k) melk
100 g bloukaas
100 g room

Voorverhit die oond tot 200 °C
1. Prik die varkskenkels met ’n vurk. Plaas in ’n roosterpan saam met die aftreksel en bedek met tinfoelie. Plaas 1 uur in die oond.
2. Haal die tinfoelie af, vryf die olie aan die botterskorsie, rooi-uie en knoffelknolle, en plaas 20 min. in die oond.
3. Haal die pan uit die oond en voeg die oorblywende groente by, saam met die vars tiemie. Geur met die sout en peper en bedek goed met die pansappe.
4. Bak nog 20 min. tot die groente goudkleurig, sag en deurgaar is.
5. Sous: Voeg die melk, kaas en room in ’n pan. Kook oor lae hitte tot die kaas heeltemal gesmelt het en die sous effens verdik. Giet oor net voor jy dit voorsit.

Deur Hope Malau
Foto’s: Misha Jordaan


Viewing all articles
Browse latest Browse all 48


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>