’n Heerlike maaltyd om enige tyd van die dag te geniet.
GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 30 min.
3 aartappels
3 middelslag-wortels
15 ml (1 e) olyfolie
300 g beesworsies, gesny
5 ml (1 t) komynsaad
1 ui, gesny
2 knoffelhuisies
hand vol pietersielie, gekap
4 eiers
1. Bring water in ’n groot kastrol tot kookpunt. Skil en sny die aartappels en wortels en plaas in die kastrol. Kook met die deksel op 10 min. tot sag.
2. Verhit die olyfolie in ’n groot braaipan. Braai die worsies 5 min. of tot effens bruin. Skep op ’n bord en hou warm.
3. Voeg nog ’n bietjie olie in die pan en braai die komynsaad, ui en knoffel 5 min.
4. Dreineer die aartappels en wortels, voeg in die pan en braai 10 min. terwyl jy dit af en toe draai.
5. Plaas die worsies terug in die pan. Roer die pietersielie deur. Maak vier klein gate in die inhoud van die pan en breek ’n eier oop in elkeen. Bak 5 min. tot gaar.